English

   Home
   Facilities
   Tariffs
   Hunting
   Pricelist
   Contact us
   Test
 

Welkom by Utara Wildsplaas

Utara Wildsplaas is geleë naby Naboomspruit (Mookgophong) in die Limpopo Provinsie en is ‘n gemaklike 1.5 uur rit vanaf Pretoria of ‘n 2 uur rit vanaf Johannesburg. Die plaas huisves ‘n wye verskeidenheid wildspesies soos Kameelperd, Koedoe, Impala, Sebra, Rietbok, Vlakvark en baie meer.

Wat die plaas baie spesiaal maak is die feit dat die Nylsvley seisonale vloedvlakte deel uitmaak van die plaas. Die vloedvlakte bestaan uit riet en grasvlakte omring deur tipiese Akasia bosveld wat die plaas baie ryk maak aan voël en wildlewe. Meer as 370 voëlspesies is al geidentifiseer in hierdie area.

Gerieflike, goed toegeruste selfsorg akkommodasie is beskikbaar met braai and swem fasiliteite. Ons beskik ook oor kampeer en karavaan fasiliteite sowel as ‘n saal wat bespreek kan word vir troues of ander funksies.

Ons nooi jou hartelik uit om jou volgende jag, voëlkyk of sommer net wegbreek uitstappie by ons te bespreek en sodoende ‘n ware bosveld ervaring te beleef!

1